# President Cyril Ramaphosa sê die Amerikaanse Sakekamer in Suid-Afrika is ʼn kampvegter vir die versterking van handels-, beleggings- en kommersiële bande tussen die twee lande. Meer as 600 Amerikaanse maatskappye word in die land bedryf en het na raming sowat 250-duisend Suid-Afrikaners in diens. Ramaphosa het gister die Amerikaanse Sakekamer se jaarlikse algemene vergadering in Johannesburg toegespreek en sê ten spyte van ʼn moeilike globale omgewing, is handel- en beleggingsverhoudings tussen Suid-Afrika en Amerika sterk.
Ramaphosa sê Amerikaanse Sakekamer in Suid-Afrika bly geloofwaardige stem vir Amerikaanse sakeondernemings in die land