# Pous Leo vertrek Maandag op ‘n besoek van tien dae aan vier Afrikalande om aandag te gee aan die behoeftes van die vasteland waarop meer as ‘n vyfde van die wêreld se Katolieke woon. Dis sy eerste groot oorsese besoek vanjaar. Die pous sal byna 18-duisend kilometer reis deur elf stede en dorpe in Algerië, Kameroen, Angola en Ekwatoriaal-Guineë. Amptenare van die Vatikaan en kerkleiers van Afrika sê die toer is ‘n persoonlike prioriteit vir die eerste Amerikaanse pous.
Pous Leo vertrek op besoek aan vier Afrikalande