# Oliepryse het met meer as 13-persent gedaal namate geopolitieke spanning in die Midde-Ooste verlig het. Brent-ru-olie het gedaal van 109- tot onder 94-dollar per vat na die verrassende aankondiging van ‘n wapenstilstand van twee weke tussen Amerika en Iran. Die ooreenkoms om die strategies-belangrike Seestraat van Hormoes te heropen, het wêreldwyd verligting gebring, en Asiatiese aandelemarkte het met meer as vyf-persent verbeter. Ontleders waarsku pryse bly wisselvallig hangende ‘n langtermyn-diplomatieke oplossing. Die Internasionale Energie-agentskap oorweeg glo om meer as 182-miljoen vate se olie-reserwes vry te stel om markte te help.
Skerp daling in oliepryse na skietstaking tussen Amerika en Iran aangekondig is