Skip to content

G20: Solidariteit sê sy stryd teen diskriminerende regulasies versnel

# Die vakbond Solidariteit sê sy veldtog teen diskriminerende regulasies duur voort nadat die Stad Johannesburg ingestem het om sy banier van 70-meter terug te besorg. Die banier met die opskrif, “Welkom in die mees rasgereguleerde land ter wêreld”, is verlede maand verwyder. Die vakbond eis ook terugbetaling van die reklame-agentskap en sal regstappe doen indien nodig. Connie Mulder van Solidariteit sê 38 verdere reklameborde is regoor die stad opgesit om die debat oor Suid-Afrika se rassebeleid in die openbare oog te hou.