# Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte het ‘n mylpaal-projek van stapel gestuur om die groeiende gebruik van kunsmatige intelligensie in geestesgesondheidsorg te reguleer. Die projek is tydens die G20-maatskaplike beraad in Ekurhuleni aangekondig en sal standaarde toets en stel om te verseker KI-instrumente wat vir terapie en diagnose gebruik word, is veilig, doeltreffend en inklusief. Yuven Gounden van SAHPRA sê die projek is daarop gemik om vertroue in digitale gesondheidstegnologie te bou en veiliger geestesgesondheids-vernuwing in Afrika te ondersteun.