Skip to content

Ouditeur-generaal reik eerste skuldsertifikaat ooit uit, dwing munisipale bestuurder om R4.6-miljoen terug te betaal [KLANK]

#  Die munisipale bestuurder van die Ngaka Modiri Molema-distrik in Noordwes, Allan Losaba, het die eerste Suid-Afrikaanse openbare ampsdraer geword wat persoonlik aanspreeklik gehou word vir finansiële verliese wat deur die Ouditeur-generaal geïdentifiseer is. Hy het ‘n skuldsertifikaat van meer as 4,6-miljoen-rand ontvang weens die wanbestuur van ‘n watertenk-vervoertender wat gelei het tot opgeblase eise en onreëlmatige besteding. Ouditeur-generaal Tsakane Maluleke sê Losaba het sedert 2019 herhaaldelike regstellings-opdragte geïgnoreer:

ENG MalulekeOnDebt