Skip to content

Australiese polisie keer fortuinverteller aan vir ‘n bedrogskema van R780-miljoen

# ‘n Vrou wat beweer sy is ‘n fortuinverteller en ‘n feng shui-meester, en haar dogter word daarvan aangekla dat hulle byna 780-miljoen-rand geswendel het uit kwesbare Viëtnamese burgers in Australië. Die 53-jarige en haar 25-jarige dogter is in Dover Heights in Sydney aangekeer. Volgens die polisie was hulle deel van ‘n hoogs-gesofistikeerde bedrog- en geldwassery-sindikaat. Die ma het na bewering haar slagoffers oortuig om lenings uit te neem en ‘n deel van die geld gehou deur die slagoffers te oorreed sy sien ‘n miljardêr in hul toekoms.