# Die Sitruskwekersvereniging van Suider-Afrika sê Suid-Afrikaanse sitrusuitvoere het vanjaar met 22-persent tot rekordvlakke gestyg danksy hoër vraag, gunstige weer en nuwe bome wat begin produseer. Die vereniging sê die rekordseisoen is gekenmerk deur vraag in oorsese markte na lemoen- en suurlemoen-sapvrugte. Die uitvoerende hoof, Boitshoko Ntshabele, sê hulle is steeds baie bekommerd oor die uitwerking van die Amerikaanse tariewe van 30-persent op die 2026-seisoen. Sy voeg by dat ‘n wedersyds-voordelige handelsooreenkoms tussen Suid-Afrika en Amerika dringend gefinaliseer moet word.
Suid-Afrika se sitrusuitvoere bereik rekordvlakke maar boere bly bekommerd oor Amerikaanse tariewe