Skip to content

Godongwana gevra om klein ondernemings in middeltermynbegroting te ondersteun

# Die uitvoerende hoof van die Nelson Mandelabaai Sakekamer, Denise van Huyssteen, sê die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het môre in sy mediumtermyn-begroting die geleentheid om Suid-Afrika se ekonomiese potensiaal te ontsluit deur klein sake-ondernemings te ondersteun. Van Huyssteen sê mikro-, klein en mediumgrootte ondernemings verteenwoordig 90-persent van formele ondernemings, maar word deur burokrasie, swak infrastruktuur en befondsingsuitdagings bedreig. Sy voeg by die bevordering van toerisme, digitale ondernemings en regulatoriese hervorming kan inklusiewe groei en werkskepping aanmoedig.