# Die Kommissie vir Internasionale Handelsadministrasie het bevind dat ontduiking van teenstortingsbelasting op voertuig-voorruite plaasvind, wat ‘n wesenlike impak op die Suider-Afrikaanse Doeane-unie het. Die administrasie sê invoere uit China en Maleisië word verkeerd geklassifiseer om heffings te ontduik. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het nou voorlopige heffings ingestel om tariefvermyding te beperk. Die kommissie het die publiek genooi om binne 14 dae kommentaar te lewer op sy voorlopige bevindings.
Itac vind omseiling van teenstortingsheffings op voertuig-voorruite