# Die direkteur van die Wêreldhandelsorganisasie, Ngozi Okonjo-Iweala, het Suid-Afrika, Indië en Turkye gekritiseer vir die versperring van die Beleggingsontwikkelings-ooreenkoms. Dit is ‘n raamwerk wat wêreldmaatstawwe bied om die beleggings- en sakeklimaat te verbeter. Suid-Afrika se teenkanting spruit uit ‘n gesamentlike beleidsdokument met Indië in 2019, wat gevra het dat geen nuwe items op die WHO se agenda gevoeg word voordat die organisasie hom daartoe verbind om terug te keer na die Doha-ronde van handelsonderhandelinge nie. Okonjo-Iweala sê die ooreenkoms sal goed wees vir arm lande.
WHO kritiseer SA, Indië en Turkye vir versperring van Beleggingsontwikkelingsooreenkoms