# Die dodetal op die Filippynse Eilande wat deur die tifoon Kalmaegi getref is, het tot 114 gestyg, met 127 mense wat vermis word. Die storm wat verwoesting gesaai het op die sentrale deel van die eilande, het weer opgebou en beweeg nou na Viëtnam. Nagenoeg 350-duisend mense sal teen vanmiddag uit dié land se Gia Lai-provinsie ontruim word. Owerhede waarsku teen swaar reën en skadelike wind wat oorstromings in laagliggende gebiede kan veroorsaak en landboubedrywighede kan ontwrig.