# Die regering het die noemenswaardige toename in aankomste deur internasionale toeriste tussen Januarie en September verwelkom. Die Departement van Toerisme het meer as 7,6-miljoen aankomste bevestig, wat volgehoue herstel en hernieude vertroue in Suid-Afrika as ‘n vooraanstaande wêreldwye toerismebestemming weerspieël. Dit is ‘n toename van meer as 1,1-miljoen besoekers in vergelyking met dieselfde tydperk in 2024, met sterk groei uit sleutelmarkte in Afrika, Europa en Asië. Die stygende getalle bevestig ook die regering se pogings om die toerismesektor uit te brei, ekonomiese groei te stimuleer en broodnodige werksgeleenthede te skep.
Suid-Afrika toon sterk toename in toeristegetalle