Skip to content

Walmart stel eerste winkel in Afrika in Johannesburg bekend

# Die handelsreus Walmark het sy debuut in Afrika gemaak met die opening van sy eerste handelsmerkwinkel in die Clearwater-winkelsentrum in Johannesburg. Die winkel word deur Massmart bestuur en, stel die winkel die filosofie van “Lae Pryse Elke Dag” aan Suid-Afrika bekend. Die uitvoerende bestuurder van Massmart, Miles van Rensburg, sê die bekendstelling begin ‘n nuwe en betekenisvolle hoofstuk in Suid-Afrikaanse handel. Die winkelbestuurder Onicca Mothapo het 20 jaar verkoopsondervinding en sê dis ‘n droom wat waar geword het om Walmart se eerste tak in Afrika te lei.