# Die EFF herdenk vandag saam met die vasteland frika Voedsel- en Voedingsekerheidsdag. Die party sê hierdie dag is ‘n ernstige herinnering dat Afrika as ‘n vasteland ryk aan grond, water en mense, steeds te kampe het met hongerte, wanvoeding en voedselonsekerheid, nie omdat daar ‘n tekort is nie, maar weens onteiening, ongelykheid en onderontwikkeling wat deur ‘n neokoloniale ekonomie onderhou word. Die EFF sê hy hou vol die onteiening van grond sonder vergoeding is noodsaaklik om eeue van uitbuiting om te keer en voedselsoewereiniteit vir die mense te herstel.
Afrika Voedsel- en Voedingsekerheidsdag: EFF sê Afrika worstel steeds met hongerte