# Eskom sê hulle het eenheid 1 van die Koeberg-kernkragsentrale weer aan die nasionale netwerk gekoppel. Die eenheid is vroeg vanjaar gesluit vir die tweede fase van hul langtermyn-bedryfsonderhoudsprogram, ‘n vereiste van hul 20-jaar lewensduurverlenging wat deur die Nasionale Kernreguleerder toegestaan is. Beide eenheid 1 en 2 sal na verwagting meer as een-duisend-860-megawatt lewer. Eskom sê dis ‘n bewys van hul toewyding om die kragsentrale veilig, betroubaar en doeltreffend te bedryf.
Koeberg-eenheid 1 suksesvol herkoppel aan die nasionale netwerk
