# ArcelorMittal Suid-Afrika het om verlof tot appèl aansoek gedoen teen die Arbeidshof se uitspraak wat die heraanstelling van afgelegde werkers by die Newcastle- en Vereeniging-aanlegte gelas. Die metaalwerkersvakbond Numsa het ‘n dringende interdik versoek wat Amsa dwing om nuwe afleggingskennisgewings uit te reik of samesprekings te hervat kragtens die Januarie-kennisgewing. Amsa hou vol hy het aan al sy verpligtinge vir billike onderhandelinge tydens die afwentelingsproses voldoen. Hy sê hy het geen ander keuse gehad as om die langstaalonderneming onder sorg en instandhouding te plaas nie.
ArcelorMittal gaan appelleer teen uitspraak oor die herindiensneming van staalwerkers