# Die Kaapse Wynlande-distriksmunisipaliteit se brandweerdiens sê die brand in die omgewing van die Drakenstein-gevangenis op die R301 tussen Paarl en Franschhoek is ten volle onder beheer gebring. Die brand wat Maandagmiddag begin het, is deur sterk wind en digte plantegroei aangeblaas. Jo Otto van die munisipaliteit sê met die wind wat laat gisteraand bedaar het, kon brandbestrydingspanne ‘n brandpad voor die brandlyn skep wat toegelaat het die brand homself uitgebrand het:
Veldbrand naby die Drakenstein-gevangenis ten volle onder beheer [KLANK]
AFR OttoFireContained