# Eskom het die voldoenings- en registrasieproses vereenvoudig vir kliënte wat hul eie elektrisiteit opwek deur kleinskaalse ingebedde opwekkingstelsels, soos dak-sonpanele. Die kragverskaffer se residensiële kliënte kan nou hul stelsels laat goedkeur deur ‘n persoon wat by die Departement van Arbeid geregistreer is, in plaas daarvan om goedkeuring van ‘n professionele persoon wat by die Ingenieursraad van Suid-Afrika geregistreer is, te verkry. Eskom sê die vereenvoudigde proses sal kliënte meer as nege-duisend-rand aan verbindingskoste bespaar vir ‘n tipiese dak-sonkragstelsel van 16 kilovolt-ampère.
Eskom vereenvoudig sonkragregistrasieproses om deelname aan skoon energie ‘n hupstoot te gee