Skip to content

Minister Lamola sê die regering gaan nie toegee oor plaaslike beleid as deel van handelsgesprekke met Amerika nie [KLANK]

# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê handelsgesprekke met Amerika vorder goed. Dis egter onwaarskynlik dat die regering toegewings oor plaaslike beleid sal maak as deel van die onderhandelinge. Amerika het in Augustus tariewe van 30-persent op Suid-Afrikaanse uitvoere na dié land gehef wat duisende werksgeleenthede in die voertuig- en sitrusbedryf in gevaarstel. Lamola het gister by die Financial Times se Afrika-beraad in Londen beklemtoon dat Amerika ʼn strategiese vennoot in die land se ekonomie bly:

ENG LamolaOnTradeTalks