Skip to content

Black Phone 2 vaar op eerste naweek beste by Noord-Amerikaanse kaartjiekantore

# Universal and Blumhouse se nuwe opvolg-riller, Black Phone 2, het die naweek die beste gevaar by Amerikaanse kaartjiekantore. Ethan Hawke vertolk weer die rol van die reeksmoordenaar, Grabber, en Mason Thames dié van Finn. Disney se wetenskapsfiksie-opvolgfliek Tron: Ares was tweede en die nuweling, Lionsgate, se R-gegradeerde komedie, Good Fortune, met Keanu Reeves en Seth Rogen, het op nommer drie geopen. Channing Tatum se Roofman en Leonardo DiCaprio se aksiekomedie, One Battle After Another voltooi die topvyf.