# Die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling het sewe nuwe gevalle van bek-en-klouseer in die Vrystaat aangemeld. Ses is in Viljoenskroon/Vredefort en een in Sasolburg, wat die provinsiale totaal op 49 te staan bring. Agt verskillende uitbrekings strek oor vyf munisipaliteite, insluitend Kroonstad, Deneysville en Edenville. Inentings op besmette plase word onmiddellik gedoen om die verspreiding van die virus te beperk. Bewegingsbeperkings dek ‘n radius van tien kilometer, met besmette plase onder kwarantyn. Die departement doen ‘n beroep op boere om onwettige dierebewegings te voorkom en vermeende gevalle aan te meld, en waarsku dat oortredings strafregtelik vervolg kan word.
Vrystaat bevestig sewe nuwe gevalle van bek- en klouseer