# Vervoer en dienste in Griekeland word die tweede keer hierdie maand ontwrig nadat vakbonde ‘n 24-uur-staking uitgeroep het teen die regering se plan vir ‘n opsionele werksdag van 13-uur. Die regering sê die lang werksdag, wat waarskynlik môre as wet aanvaar gaan word, is nie verpligtend nie, maar opposisiepartye en vakbonde voer aan dat werkers die gevaar van afleggings loop as hulle weier. Die staking sal openbare en munisipale dienste onderbreek en veerbote en treine lamlê. Vlugte word nie geraak nie. Betogings word beplan vir Athene en ander stede.
Werkers in Griekeland staak oor voorgestelde 13-uur-werkdag