# Die regering in die Wes-Kaap het ‘n historiese 34,6-persent van sy totale verkrygingsbesteding van 6,84-miljard-rand, in 2024/25 aan ondernemings in vroue-besit toegeken. Premier Alan Winde sê hierdie mylpaal dui op deursigtigheid en inklusiewe groei. Intussen het die LUR vir Finansies, Deidré Baartman, bevestig dat versoeke aan die VN en die Wêreldbank gestuur is om te bevestig dat die provinsie die eerste regering ter wêreld is wat 30-persent oorskry. Sy sê die prestasie ondersteun ook swartbesit- en jeugondernemings:
Wes-Kaap bereik wêreld-eerste met 34,6-persent totale verkrygingsbesteding in 2024/25 aan ondernemings in vroue-besit [KLANK]
ENG-BaartmanOnWomen