# ‘n Groep toegewyde atlete maak reg om volgende Woensdag, 700 kilometer van Greenfields in Ekurhuleni na Durban te stap om fondse in te samel vir die Pariio Gemeenskapsvaardigheidsentrum. In reaksie op die hoë werkloosheidsyfer, sal die sentrum praktiese opleiding vir vaardighede, en werkgeleenthede vir jong mense in Suid-Afrika aanbied. Die sentrum sal begin met klasse vir bak en naaldwerk. Daar is tans meer as 60 atlete wat virtueel gaan saamstap as deel van die fondsinsamelingveldtog.
Vrywilligers maak reg om van Gauteng na Durban te stap om die werklose jeug te bemagtig