Skip to content

Tron: Ares bo-aan Noord-Amerikaanse lokettrefferlys met sy opening

# Die Disney wetenskapsfiksie-film, Tron: Ares, met Jared Leto in die hoofrol, was met sy opening die gewildste op die Noord-Amerikaanse lokettrefferslys. Die rolprent, wat die derde aflewering in die Tron-trilogie is, volg die mensdom se eerste kontak met kunsmatige intelligensie wanneer ‘n gevorderde program die fisiese wêreld betree. Nog ‘n nuweling, Miramax en Paramount se romantiese misdaadkomedie Roofman, was tweede, met Leonardo DiCaprio se komiese aksie-epiese fliek, One Battle After Another, in die derde plek. Gabby’s Dollhouse: The Movie en The Conjuring: Last Rites was onderskeidelik vierde en vyfde.