Skip to content

Minister George benadruk die ekonomiese potensiaal van Suid-Afrika se oseane

# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, sê Mariene Beskermde Gebiede bevorder kustoerisme, van duik tot walviskyk, terwyl bioverskeidenheid terselfdertyd beskerm word. Volgens beramings deur die Oseane-ekonomie-meesterplan kan Suid-Afrika se oseaan-ekonomie teen 2035 166-miljard-rand tot die bruto binnelandse produk bydra en meer as 600-duisend werksgeleenthede skep. George sê die ambisieuse vooruitskatting wentel om vyf kerngebiede: akwakultuur, visserye, kustoerisme, olie en gas op see, en marienebewaring.