# Die 29ste uitgawe van Poetry Africa deur die Sentrum vir Skeppende Kunste by die Universiteit van KwaZulu-Natal, word tans by die Seabrooke Teater in Durban aangebied. Die tema is Poetry Architecture of Social Justice. Vanjaar se hoofdigter is Ari Sitas, die ontvanger van die Orde van Mapungubwe in Silwer, vir sy bydrae tot die sosiale wetenskappe en die kunste. Sewentig digters van ondermeer Suid-Afrika, die VSA en Oekraïne is uitgenooi.
29ste Poetry Africa byeenkoms bou ‘n beter wêreld met woorde