Skip to content

Transnet teken 25-jaar ooreenkoms vir ‘n vloeibare grootmaat-terminaal in Kaapstad

# Die Transnet Nasionale Hawensowerheid het ‘n 25-jaar konsessie-ooreenkoms met FFS Tank Terminals onderteken om ‘n vloeibare grootmaat-terminaal by die Kaapstad-hawe te bedryf en in stand te hou. Die belegging van 195,7-miljoen-rand oor drie jaar sal infrastruktuur opknap, operasionele doeltreffendheid verhoog en die dieselbergingskapasiteit verdubbel tot 29-duisend-200-kubieke meter. Die Hawe-owerheid sê die ooreenkoms ondersteun sy “Reinvent for Growth Strategy”-strategie en versterk die privaat sektor se deelname aan hawebedrywighede.