Skip to content

SA Pluimveevereniging bekommerd oor die Mededingingskommissie se ondersoek na billikheid in die pluimveebedryf

# Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging het sy kommer uitgespreek oor die Mededingingskommissie se formele markondersoek na Suid-Afrika se grootste pluimveeprodusente. Die kommissie het Astral, Rainbow Chicken, Country Bird en Sovereign as die land se vier grootste hoenderprodusente aangedui. Dié vier lewer byna 63-persent van Suid-Afrika se hoenderprodukte. Die vereniging sê die kommissie se kommer dat groot pluimveemaatskappye toegang tot die mark beheer, is misplaas. Hy sê die voordele wat groot maatskappye aan klein besighede bied, moet nie misgekyk word nie.