# ‘n Nagraadse bibliotekaris aan die Durban Universiteit vir Tegnologie, Nonsikelelo Patricia Badenhorst, is deur die Biblioteek- en Inligtingsvereniging van Suid-Afrika aangewys as Navorsingsondersteuningsbibliotekaris van die Jaar. Dié gesogte toekenning erken bibliotekarisse wat uit hul pad gaan vir navorsingsondersteuning, die bemagtiging van navorsers, die kuratering van kennis en die integrasie van innovasie in akademiese biblioteekdienste. Die universiteit sê Badenhorst se toekenning weerspieël haar buitengewone toewyding aan uitnemendheid en haar uitstaande bydrae om die instelling se navorsingsekosisteme versterk.