# Die Nasionale Kernreguleerder het sy derde en laaste ronde openbare verhore afgesluit, oor Eskom se aansoek om die oorspronklike leeftyd van die Koeberg-kernkragsentrale te verleng. Verhore is in die Noord- en die Wes-Kaap gehou. Die raad se voorsitter, Protas Phili,sê belanghebber-insette is noodsaaklik vir deursigtigheid en veiligheid. Die reguleerder sal nou alle voorleggings hersien voor hy sy finale besluit oor Koeberg Eenheid 2 se aansoek sal bekendmaak.
Kernreguleerder sluit openbare verhore af oor Koeberg-kernkragsentrale se langtermynwerksaamhede