Skip to content

Universiteit van Fort Hare vereer een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde regsgeleerdes

# Die Universiteit van Fort Hare gaan ‘n Eredoktorsgraad in Handel aan een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde regsgeleerdes en gerekende sakeleier, advokaat Thandi Orleyn, toeken. Sy word erken vir haar uitnemende bydraes tot handel, die regte en maatskaplike geregtigheid. Sy was die eerste swart vrou om beide die Onafhanklike Bemiddelingsdiens van Suid-Afrika en die Kommissie van Nywerheidsversoening, Bemiddeling en Arbitrasie te lei. Volgens die universiteit het Orleyn se werk in die regte, verbruikersregte en gewoontereg ‘n blywende uitwerking op die Suid-Afrikaanse regsproses gelaat.