Skip to content

Solidariteit Beweging waarsku ANC se voortgesette aanvalle op Amerika kan tot nog straftariewe lei

# Die Solidariteit Beweging sê die Amerikaanse regering raak al meer gefrustreerd met Suid-Afrika se gebrek aan politieke wil om ʼn handelsooreenkoms te bereik. Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê hulle het in gesprekke met president Donald Trump se administrasie vordering gemaak oor ʼn handelsooreenkoms. Die Solidariteit Beweging se voorsitter, Flip Buys, sê die ANC is uiters roekeloos om Amerika die harnas in te jaag en waarsku dit kan tot verdere straftariewe teen Suid-Afrika lei. Hy sê die land kan eenvoudig nie nog skade aan die ekonomie bekostig nie.