Skip to content

Noodsaaklike minerale dalk kern van vennootskap tussen Amerika en Suid-Afrika

# Noodsaaklike minerale behoort die kern te vorm van ʼn nuwe handelsooreenkoms tussen Suid-Afrika en Amerika. Dis die mening van die Vryheidsfront Plus se leier, Corné Mulder, C5 Capital se stigter en uitvoerende hoof, Andre Pienaar, en C5 Capital se hoof van regeringsbetrekkinge, Chris Opperman. Hulle sê die fokuspunt van hierdie minerale-ooreenkoms kan ʼn veilige voorspoed-roete wees met die middelpunt in Saldanhabaai. Hulle sê die oprigting van ʼn terminaal vir vloeibare aardgas sal die invoer van Amerikaanse gas moontlik maak en Suid-Afrika se energiesekerheid verbeter.