# Die Nelson Mandela-universiteit sê hulle Isisusa Jazz Fest-konsert 2025 was ‘n veeltalige viering van musiek en erfenis. Meer as 140 kunstenaars was op die verhoog by die Veremarksentrum in ‘n program wat die land se diverse stemme weerspieël het. Vanjaar se tema, Mqhayi Meets Mandela, was ‘n verkenning van die wyse waarop die isiXhosa-digter S.E.K. Mqhayi gehelp het om Nelson Mandela se sin van doelgerigtheid deur taal en uitvoering te vorm. Daar was uitstekende optredes deur onder andere die mans-vokale kwartet, The Creed, die Jazz-kwartet Moment’s Notice en die Nelson Mandela-universiteitskoor.
Vreugdeklanke by die Nelson Mandela-universiteit se Isisusa Jazz-fees