# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê hy bly optimisties oor die hernuwing van die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika, wat gister amptelik verstryk het. Dis vir Suid-Afrika noodsaaklik dat AGOA verleng word, omdat dit meer as 69-miljard-rand se uitvoere na Amerika verteenwoordig, wat 28-persent van alle handel tussen Suid-Afrika en Amerika is. Tau sê daar is ondersteuning vir die hernuwing van AGOA. Hy voeg egter by daar is vrae oor die tydperk van hernuwing, die tydstip van hernuwing, en die wetgewende manier waarop dit gedoen word.
Minister Tau sê Suid-Afrika se prioriteit is om AGOA selfs vir ’n kort tydperk te verleng