# Drie dekades nadat “Hie’ kommie Bokke!” in 1995 tydens die Springbokke se historiese Rugbywêreldbeker-oorwinning oor die All Blacks op Ellispark opgeklink het, het die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge ’n eretoekenning aan Leon Schuster oorhandig vir sy lewensbydrae tot Afrikaanse musiek, rolprente en radiowerk. Omdat hy tans gesondheidsuitdagings beleef, het die FAK hom by sy huis in Johannesburg besoek om die eerbewys persoonlik aan hom te oorhandig. Die FAK het sy waardering uitgespreek vir Schuster se volgehoue werk om die Afrikaanse taal en kultuur op ’n toeganklike en vreugdevolle manier te bevorder.
FAK vereer Leon Schuster vir lewensbydrae tot Afrikaanse musiek, rolprente en radiowerk