Skip to content

Vandag is Internasionale Voedselverlies- en Vermorsingsdag

# Vandag is Internasionale Voedselverlies- en Vermorsingsdag, ‘n dag om bewustheid en gesamentlike optrede te bevorder om voedselverlies en -vermorsing te verminder. Wêreldwyd gaan sowat 13,2-persent van voedsel wat geproduseer word tussen oes en kleinhandel verlore, terwyl ‘n geraamde 19-persent van die totale wêreldvoedselproduksie in huishoudings, die voedselverskaffingsdiens en in kleinhandel vermors word. Die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie sê die vermindering van voedselverlies en -vermorsing help om natuurlike hulpbronne en biodiversiteit te beskerm, besoedeling en kweekhuisgasvrystellings te verminder, en die gebruik van geproduseerde voedsel te vermeerder.