# Die Mededingingstribunaal het nuwe getuienis aangehoor in die saak teen SA Airlink se beweerde buitensporige en roofpryse. ‘n Kenner oor die ekonomie, Jason Aproskie, het getuig die lugdiens het die metode van uitermatige vervangingswaarde ingespan om hoër batewaardes aan te meld, wat sy mededingers se koste vir toetrede tot die mark verhoog het. Dit het Airlink na bewering in staat gestel om kaartjies duurder te verkoop en ‘n buitensporige wins te maak. Die saak volg ná drie klagtes wat die Mededingingskommissie ondersoek het op die roete tussen Johannesburg en Mthatha tussen 2012 en 2016.
Mededingingstribunaal hoor nuwe getuienis aan in saak oor Airlink-prysvasstelling