# Sokker: Wayne Rooney sê Manchester United se sukses in die dae toe hy gespeel het, het neergekom op die kommunikasie wat hulle ontwikkel het terwyl hulle videospeletjies op die spanbus gespeel het. Die voormalige United, Everton en Engeland doelskieter sê hulle het die militêre speletjie, SOCOM, op die Playstation Portable gespeel. Hy sê hulle moes praat, moes takties korrek wees, en selfs sy spanmaats se styl met die speletjie het ooreengekom met hoe hulle op die veld by Old Trafford sou wees. Rooney het vyf Premierligatitels en ‘n Kampioeneligatitel onder Sir Alex Ferguson verower.
Sokker: PlayStation-speletjie was sleutel tot Man United se sukses in dae toe hy gespeel het, sê Rooney