# Die DA in die Wes-Kaap het die provinsie se HealthNet Beplande Pasiëntevervoer-stelsel geloof wat gratis, betroubare en veilige vervoer na gesondheidafsprake vir kwesbare pasiënte bied. Die operasionele begroting van HealthNET sluit in personeelkoste van 55-miljoen-rand, oortydkoste van 2,5-miljoen-rand en voertuigonkoste van 51-miljoen-rand. Memory Booysen van die DA sê HealthNet bereik tans alle gebiede in die provinsie en verskaf jaarliks aan sowat 150-duisend mense vervoer:
DA Wes-Kaap loof HealthNet vir gratis vervoer van kwesbare pasiënte [KLANK]
ENG BooysenOnHealth