Skip to content

Amerikaanse handelsverteenwoordiger ontmoet minister Tau om dooiepunt oor tariewe te bespreek

# Die Amerikaanse handelsverteenwoordiger, Jamieson Greer, en die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, ontmoet na verwagting vandag in New York. Die doel is om die 30-persent tariewe wat Amerika op Suid-Afrikaanse uitvoere ingestel het, te bespreek. Die land se onderhandelingspan het ʼn hersiene voorstel voorgelê om ʼn laer tarief te bewerkstellig. Amerika en Suid-Afrika se verhouding het ʼn laagtepunt bereik sedert president Donald Trump in Januarie aan bewind gekom het. Trump het alle hulp aan die land gestaak en sê hy diskrimineer teen sy wit minderheid.