# Die 77ste Emmy-toekennings, wat Sondagaand gehou is, het die meeste kykers sedert 2021 gelok. CBS se uitsending het 7,4-miljoen kykers gelok, ‘n toename van agt persent van die 6,9-miljoen kykers van verlede jaar se seremonie op ABC. Die toekenningsgeleentheid het 1,6 miljoen vermeldings op sosiale media ontvang en was vir sewe uur lank die nommer een in Amerika. Vanjaar se seremoniemeester was Nate Bargatze en Adolescence, The Studio en The Pitt het die hoogste eerbewyse ontvang.
Die 77ste Emmy-toekenings lok meeste TV-kykers sedert 2021