Skip to content

Adolescence en The Studio maak skoonskip by Emmy Awards

# Netflix se Adolescence het ses toekennings op die 77ste Emmy-toekennings opgeraap. Dit sluit in beste beperkte of kort reeks, terwyl die 15-jarige Owen Copper as beste ondersteunende akteur aangewys is in ‘n beperkte reeks vir Adolescence en daarmee die jongste manlike wenner geword het van enige kategorie vir toneelspel. Seth Rogen het vier Emmy’s gewen vir sy komediereeks The Studio. The Pitt het twee Emmy’s gewen, insluitend beste dramareeks en beste akteur vir Noah Wyle. Tramell Tillman het die eerste swart man geword wat as Beste Ondersteunende Akteur in ‘n dramareeks aangewys is vir Severance.