# Die kripto-maatskappy in die middelpunt van die moord op die insolvensieprokureur Bouwer van Niekerk, NTC Global, is voorlopig gelikwideer. Volgens News24 het die firma 484-miljoen-rand se beleggings ingesamel, met 262-miljoen-rand wat nog aan krediteure verskuldig is. Ondersoeke dui aan dat NTC as ‘n Ponzi-skema bedryf is, en sakeredding het misluk. Van Niekerk is verlede week by sy kantoor in Saxonwold, Johannesburg, doodgeskiet, en niemand is nog in hegtenis geneem nie. Die Hooggeregshof in Pretoria het die finale likwidasieverhoor vir 6 November bepaal.
Kripto-maatskappy in middelpunt van moord op Bouwer van Niekerk word voorlopig gelikwideer