# Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, het ‘n stabiliseringspan ingestel om leierskapskonflikte by die Kaapstadse Kollege vir TVET aan te spreek. Die konflik tussen die bestuur het ‘n impak op die funksionering van die instelling. Woordvoerder, Matshepo Seedat sê die werk van die span, onder leiding van ‘n afgetrede regter en ‘n senior advokaat, behoort in 45 dae voltooi te wees. Manamela sê hulle sal ondersoek instel oor bestuur, bemiddeling van konflikte en aanbevelings maak vir regstellende maatreëls:
Manamela skep stabiliseringspan om leierskapskonflikte by Kaapstadse Kollege aan te spreek [KLANK]
ENG-SeedatOnCollege