Skip to content

Soweto Kota-fees nou baie meer as net ‘n voedselfees

# Organiseerders van die jaarlikse Soweto Kota-fees, wat die naweek by die Dobsonville-stadion gehou is, sê die geleentheid was ‘n groot sukses. Honderde mense het opgedaag om die mees kreatiewe weergawes van elke township se geliefde straatkos te proe. Thabane Ledwaba van 2 Selai het weggestap met die titel van die Beste Kota van die fees en 25-duisend-rand se prysgeld. Tweede was Zaza Eatery en derde Ko-boiketlong Situations. Die feesdirekteur, Sidwell Tshingilane, sê die geleentheid het ontwikkel tot baie meer as net kos.