Skip to content

Regsliggaam veroordeel moord op prokureur Bouwer van Niekerk naby Sandton-kantore

# Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Herstrukturering- en Insolvensiepraktisyns het sy verontwaardiging uitgespreek oor die moord op die insolvensie-prokureur Bouwer van Niekerk by sy kantoor in Sandton. SARIPA sê aanvalle soos hierdie bedreig die regstelsel en die veiligheid van regspraktisyns. Hulle glo die moord is ‘n verwoestende verlies vir die regs- en insolvensiegemeenskap. Die voorsitter van die vereniging, Jo Mitchell-Marais, sê dis hartverskeurend dat etiese praktisyns hul lewens moet waag net om hul werk te doen.