# Die Standard Bank-sentrum van Uitnemendheid vir Waterstof-energie aan die Vaal-universiteit van Tegnologie in Gauteng gaan navorsing, innovasie en volhoubare praktyke in die gebruik van waterstof-energie in Suid-Afrika bevorder. Die universiteit is die enigste Afrika-vennoot in ‘n waterstof-konsortium van 13 Europese Unie-lede. Dit word amptelik Donderdag bekendgestel. Standard Bank sê sy verbintenis tot ‘n minimum-koolstofvrystelling teen 2050 voldoen aan die sentrum se doelwit. Hy sê dit is ‘n bewys van die krag van vennootskap in die bevordering van groen energie in Afrika.
Standard Bank-sentrum vir Uitnemendheid vir Waterstof-energie gaan groen energie bevorder